Die Nagwag

Die Nagwag

Ander titel De Nachtwacht
Kunstenaar Rembrandt van Rijn
Jaar 1642
Soort Olieverfskildery
Grootte 363 × 437 cm
Museum Rijksmuseum, Amsterdam

Die Nagwag is die bekendste skildery van Rembrandt van Rijn. Hy het dit tussen 1639 en 1642 geskilder. Die amptelike naam daarvan is De compagnie van kapitein Frans Banning Cocq en luitenant Willem van Ruytenburgh maakt zich gereed om uit te marcheren.

Die skildery het waarskynlik omstreeks 1676 die naam Die Nagwag gekry. Dit word permanent uitgestal in die Rijksmuseum in Amsterdam, Nederland, en is die bekendste skildery in die versameling en een van die beroemdste skilderye ter wêreld.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy